BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF
’n poeiermengsel. Verpilde produkte hanteer makliker met kunsmisstrooiers, maar die poeierprodukte het die voordeel dat dit geformuleer kan word vir spesifieke gebruike/toestande. Die gebruik van die verrykte organiese produkte het gewild geword weens die byvoeging van ’n organiese komponent tot die normale bemestingsprogram, wat beskou word as voordelig vir grond- en plant gesondheid in verskeie opsigte. Hoewel hierdie produkte normaalweg gebruik word by volumes wat nie die grondorganiese C-konsentrasie sal verhoog nie, blyk dit wel ’n stimulerende effek op grondmikroörganismes te hê. Verder vind die vrystelling van voedingstowwe stadiger plaas vanuit die verpilde produk, en verhoed dit onnodige loging van voedingstowwe. ORGANIESE MISSTOWWE Verskeie organiese materiale kan gebruik word as ’n voedingstofbron. Die algemeenste is (i) mis, (ii) kompos en (iii) druiwedoppe en -pitte. Weens die lae voedingstofkonsentrasie van hierdie materiale word daar dus relatief groot volumes produk benodig om in die wingerd se voedingsbehoeftes te voldoen. Let ook daarop dat die voedingstowwe in die onderskeie bronne in konstante verhoudings voorkom, bv. braaikuikenmis 3,5%N, 1%P, 2%K. Hierdie ver houdings is nie altyd optimaal vir ’n spesifieke plant-grondbehoefte nie, en hoë/langdurige toedienings kan lei tot die ontstaan van wanbalanse in die grond. Dit is veral P en K wat tot onnodig hoë vlakke in die grond kan opbou. Toedienings van organiese misstowwe moet dus bestuur word net soos wat anorganiese bemesting bestuur moet word. Die samestelling van verskeie organiese materiale word aangedui in Tabel 22.
6
Ekstraheerbare voedingstowwe
C
P K Ca Mg Na Mn Cu Fe Zn B % mg/kg g/kg 0.2 0.7 1.4 0.2 797 72 0.6 106 89 8.2 25 0.5 0.9 0.8 0.3 2159 94 12.4 272 272 9.0 36 0.9 2.2 0.8 0.5 5021 312 13.4 453 453 26.5 37 0.2 0.6 1.3 0.2 1158 209 0.8 92 91 7.1 18
81
Made with FlippingBook Annual report maker