BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Korrekte besproeiingskedulering en die instandhouding van stelsels is nood saaklik om korrekte bemesting te verseker. Versuring onder druppers is ’n daadwerklike gevaar en moet gemonitor en bestuur word, indien dit nagelaat word, kan wortelgroei in, en die opname van voedingstowwe vanuit die drup sone belemmer word. Grondtipe (tekstuur) moet in ag geneem word wanneer daar besluit word oor die grootte en tydsberekening van kunsmistoedienings. Die gebruik van wateroplosbare kunsmis word gekompliseer wanneer die grond in die lente/vroegsomer nat bly, aangesien besproeiing nie onder hier die toestande nodig is nie. Dit is beter om met die 1ste bemestingstoediening te wag tot die grondtemperatuur begin styg (>15 0 C), en dan dit met ’n ligte besproeiing toe te dien. VLOEIBARE MISSTOWWE Die produkte wat die algemeenste gebruik word is UAN en AN. Die gewildheid van die produkte relatief tot wateroplosbare kunsmis het afgeneem omdat vervoer en stoor van hierdie produkte dikwels moeilik en duur is. Die risiko’s of praktiese implikasies van die gebruik van hierdie produkte deur die besproei ingstelsels is soortgelyk aan dié vir wateroplosbare produkte. VERRYKTE ORGANIESE MISSTOWWE Hoendermis en kunsmis word in verskillende verhoudings met mekaar ver meng om verrykte organiese misstowwe te vorm. Daar is ’n verskeidenheid formulasies [12-3-3(18), 10-2-6(18), 9-2-9(20), ens.] en handelsname vir hierdie produkte. Die produkte het gewoonlik ’n laer voedingstofkonsentrasie as suiwer kunsmis, en is beskikbaar as ’n verpilde produk (4 mm-pellet) of as

6

TABEL 22: Tipiese chemiese samestelling van organiese materiale.

Weerstand

Vog

N

Materiaal

pH

Ohm

% %

Druiwedoppe

7.0 8.0 7.1 7.6

120

43 58 13 70

1.7 1.8 3.9 0.9

Beesmis

90 50 70

Hoendermis

Kompos

80

Made with FlippingBook Annual report maker