BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

WATEROPLOSBARE PRODUKTE Wateroplosbare kunsmis het dikwels dieselfde chemiese samestelling as kor relkunsmis. Algemeen gebruikte wateroplosbare produkte (Tabel 21) sluit in KNO 3 , Ca (NO 3 ) 2 , MKP (Mono-kaliumfosfaat), MAP (Mono-ammoniumfosfaat) en mengsels soos bv. 6-1-3(39). Die gebruik van wateroplosbare produkte neem toe a.g.v. die volgende redes: (i) maklike toediening deur besproeiingstelsels, (ii) hoë konsentrasies, d.w.s. ’n besparing op vervoerkostes, (iii) plasing van die voedingstowwe in die wortelsone/drupsone, (iv) ’n verskeidenheid van mengsels om spesifieke behoeftes aan te spreek en dus bestuur te vergemaklik.

TABEL 21: Vorme van wateroplosbare stikstofbemesting geskik vir wingerde.

Chemiese formule

Stikstof- inhoud % Opmerkings

Samestelling

Beide samestellings is baie oplosbaar; geskik vir gebruik saam met besproeiing; Verskaf beide N en S; oksidasie van die ammoniumvorms versuur die gronde. Nitraat is onmiddelik beskikbaar; ammonium moet eers geoksideer word tot nitraat Beide vorms is wateroplosbaar; verskaf ook P; versurende effek Baie oplosbaar; vervlugtig indien nie ingewas word in grond nie; versurend; kan as blaarvoeding gebruik word Het die voor- en nadele van ureum en ammoniumnitraat

K NO 3 Ca(NO 3 ) 2

13 15.5

Kaliumnitraat & Kalsiumnitraat

Ammoniumsulfaat

(NH 4 ) 2 SO 4

21

Ammoniumnitraat

NH 4 NO 3

34

Mono-ammoniumfosfaat (MAP) & Di-ammonium fosfaat (DAP)

NH 4 H 2 PO 4 (NH 4 ) 2 HPO 4

11 18

6

Ureum

(NH 2 ) 2 CO

46

(NH 2 ) 2 CO, NH 4 NO 3

Ureumammonium- nitraat-oplossing

30-32

79

Made with FlippingBook Annual report maker