BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

KONSENTRASIES EN NOTASIES Dele per miljoen (dpm) = mg/kg 10 000 mg/kg = 1% 1% = 10 g/kg

INTERPRETASIE VAN KUNSMIS-NOTASIE Voorbeeld 3-1-5(37) 37 = totale konsentrasie van plantvoedsel in die produk, uitgedruk as %

N = 3/(3+1+5) x 37 = 12.3% P = 1/(3+1+5) x 37 = 4.1% K = 5/(3+1+5) x 37 = 20.6% Kontrole = 12.3% + 4.1% + 20.6% = 37%

In die VSA en Europa word die P en K in kunsmis onderskeidelik uitgedruk as P 2 O 5 en K 2 O. Om hierdie notasie om te skakel na die element-notasie wat ons gebruik, moet die volgende faktore gebruik word: P = 0, 436 x P 2 O 5 K = 0, 83 x K 2 O KORRELPRODUKTE Van hierdie produkte word KAN, ureum, 1-0-0(40), MAP, KCl, K 2 SO 4 , 1-0-1(36/48), 3-1-5(37) die algemeenste gebruik. Aangesien die produkte in korrelvorm en gerieflik is om te hanteer, kan dit met die hand of deur kunsmis strooiers toegedien word. Die toename in die gebruik van drupbesproeiing het gelei tot ’n afname in die gebruik van korrelkunsmis as bemestingsbron gedurende die seisoen, omdat drupstelsels nie effektief is om die korrelpro dukte in die grond in te was nie. Vir hierdie stelsels word wateroplosbare of vloeibare bemestingsprodukte verkies. Mikrospuite het die voordeel dat dit effektief is vir die inwassing van bemesting in enige vorm. Korrelkunsmis is steeds die primêre produk vir die bemesting van dekgewasse.

6

78

Made with FlippingBook Annual report maker