BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Die Cu-inhoud van gronde word ook met EDTA-ekstraksie bepaal, en vir gronde met ’n pH KCl van tussen 5.0 en 6.5, behoort die Cu-inhoud minstens 0.5 mg.kg -1 te beloop (sien Tabel 5 in Hoofstuk 3). In gevalle waar aanvullings benodig word, kan grondtoediening van Cu-sulfaat teen 15 kg/ha 1 gedoen word, soos vir Mn of Zn, of gekombineerd daarmee. Die norme vir Cu-inhoude van blare word in Tabel 17 aangetoon. Dit wil voorkom of ’n vlak van 6 mg.kg -1 Cu in blaarskywe tydens ertjiekorrelstadium algemeen as riglyn vir voldoende Cu-voeding kan dien.

TABEL 17: Norme vir die Cu-inhoude (mg.kg -1 ) van blaarskywe en -stele van wingerd.

Vrugset

Blaarskyf

Blaarsteel

Tekort

Voldoende Hoog Toksies Tekort

Voldoende Hoog Toksies

<3

>6

NB NB <3

5-10

25-50

>50

Deurslaan

Blaarskyf

Blaarsteel

Tekort

Voldoende Hoog Toksies Tekort

Voldoende Hoog Toksies

<3

>6

NB NB <3

>5-15

25-50

>50

NB – nie beskikbaar.

5

Daar is kommer dat die voortdurende gebruik van Cu-bevattende swam beheermiddels tot Cu-toksisiteite aanleiding kan gee, soos wel in sommige dele van Europa die geval is. Plaaslik is vir kwekerye, waar waarskynlik die meeste sodanige bespuitings plaasvind, deur Conradie (2004) gevind dat die Cu-inhoude van die gronde nie uitermate hoog is nie en dat Cu-inhoude van tot 50 mg.kg -1 steeds nie betekenisvolle negatiewe effekte het nie. Koper word by grond-pH’s (KCl) van > 4.3 vasgelê, sodat toksisiteite eerste op suur, ligte tekstuur-gronde verwag kan word, met bekalking van grond tot ’n optimum pH van 5.5 die klaarblyklike oplossing.

68

Made with FlippingBook Annual report maker