BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Koper (Cu) Die gaping tussen voldoende Cu en ’n tekort daaraan in die plant, is baie nou en toksiese konsentrasies is nie veel hoër as dié vir ’normaal’ nie. Koper word nor maalweg as die kupri-ioon deur wortels opgeneem, maar ook as sekere chelate en opname kan ook deur blare en bas plaasvind. Koper het ’n diepgaande es sensiële rol deurdat dit in verskeie proteïene teenwoordig is en veral in oksidase sisteme voorkom, soos o.a. sitichroom-, polifenool- en askorbiensuuroksidase. Koper kom in die natuur in ’n groot verskeidenheid minerale voor en in grond in die organiese fraksie en geadsorbeer aan die grondkolloïede. Verskeie grondfaktore kan die plantbeskikbaarheid van Cu beperk, soos die teenwoor digheid van kalk (hoë pH), maar ook hoë Al-konsentrasies in hoogsverweerde, uitgeloogde en/of sanderige gronde. Kopertekorte is geruime tyd in die strandveldgebiede van die suidkus by weidings en graangewasse bekend. Daar is egter voorheen nooit aandag aan Cu-voeding van wingerd gegee nie weens die totale afwesigheid van verslae oor tekorte, beide plaaslik en internasionaal. Die klaarblyklike rede hiervoor is die mildelike gebruik van Cu-bevattende swamdoders. Onlangs is egter wel by wingerde Cu-tekorte op hoogsverweerde gronde van die Kaapse suidkus geïdentifiseer,

asook op sandsteenmateriaal teen hoër berghange. Veral jong aanplantings op Cu arme gronde is gevoelig vir Cu-tekorte en dit wil voorkom of daar ook kultivarverskille is, met Pinot noir wat veral gevoelig blyk te wees. Tekortsimptome is nie baie spesifiek nie, waarskynlik omdat een van die effekte van ’n Cu-tekort gebrekkige wortelontwik keling is (tipies word slegs adventiewe wortelontwikkeling op litte en die basisse van jong stokkies waargeneem). Gevolglik word ander voedingstowwe ook swak opge neem en tekortsimptome soos dié van Fe, Zn en K kan dan waargeneem word. ’n Ko pertekort veroorsaak verpotte groei en ’n al gemene onreëlmatige blaarvergeling, baie vergelykbaar met dié van simasienskade, wat tot nekrotiese sones op ouer blare oorgaan. Verdere kenmerke is kortlittigheid wat ’n heksebesemvoorkoms tot gevolg het, asook dooie groeipunte (Fig. 24).

5

67

Made with FlippingBook Annual report maker