BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF
FIGUUR 22: Algemene Mn-toksisiteitsimptome (links) met spikkelagtige, swart knoppies op nodiums gekonsentreerd.
As blaarvoeding kan ’n 0.4-0.6%-Mn-sulfaatoplossing gespuit word. Deur ureum by te voeg (0.5%-oplossing), word die doeltreffendheid van opname verhoog. Die gebruik van Mn-bevattende swambeheermiddels mag slui merende Mn-tekorte bedwing, maar is nie voldoende in die geval van sigbare tekortsimptome nie. Mangaan-toksisiteite is al by wingerd in die Breëriviervallei waargeneem op rooibruin, hoërliggende terrasgronde wat volop Fe-sulfiede (piriet) bevat, wat na swawelsuur oksideer, die grond versuur en hoë Mn-inhoude tot gevolg het. Simptome is opgekrimpte, dik, opgerolde blare, met opgehewe speldekop grootte, donker spikkels op lote, wat veral op die nodiums gekonsentreer is (Fig. 22). Trosse speen af en toon millerandage.
5
63
Made with FlippingBook Annual report maker