BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Die doeltreffendheid en ekonomie van Fe-toedienings op kalkgrond is twyfelagtig en in sulke gevalle kan slegs ’n 0.1-0.15% Fe-chelaat(Fe-EDTA)- blaarbespuiting met die eerste verskyning van simptome aanbeveel word, wat met weeklikse tussenposes, maksimaal 6, herhaal moet word. ’n Geval van ’n Fe-tekort is waargeneem op suur sandgrond wat uit grys Tafel berg-sandsteen ontwikkel het. Hier was die oorsaak ’n absolute gebrek aan Fe in die grond en nie ontoeganklikheid weens hoë pH nie. Op suur grond kan ’n Fe-EDTA-toediening van sowat 1 kg ha -1 oorweeg word. Mangaan (Mn) Dit is verantwoordelik vir aktivering van ’n groot verskeidenheid ensiemsisteme en is onder meer ook betrokke by koolhidraatmetabolisme, fosforilasie, die sitroensuursiklus ens. Dit is ook noodsaaklik vir chlorofielvorming en is ’n be standdeel van chloroplaste waar die Hill-reaksietempo eweredig daaraan is. Dit speel ook ’n rol in die reduksie van nitrate na o.a. ammonium. Te veel Mn is toksies vir die plant. Daar is ’n groot verskeidenhied minerale wat Mn bevat en dit kom ook in die organiese fraksie van gronde as humiensuurkomplekse voor. Mangaantekorte word oorwegend deur hoë pH-grondtoestande geïnduseer, waar dit deur Fe-tekorte gemasker word. Dit word ook dikwels op die suur gronde van die Wes-Kaap waargeneem, veral in die vroë lente wanneer die grond nog koud is. Matige Mn-tekorte het klaarblyklik nie ’n effek op groei en opbrengs nie. Die korrelasie tussen die totale Mn-inhoud van grond en die toeganklikheid daar van vir plante is swak. Die gebruik van EDTA-ekstraheermiddel in die bepaling van ‘toeganklike’ Mn is ’n arbitrêre proses wat die vermoë van die plant om Mn te bekom naboots. Vir gronde met ’n pH KCl van tussen 5.0 en 6.5, behoort totale Mn-inhoud minstens 2.0 mg kg -1 te beloop (sien Tabel 5 in Hoofstuk 3). In gevalle waar die mikro-elementinhoude van grond baie laag is, is dit duur om die ‘grond te bemes’ ten einde ’n bevredigende ontleding te verkry en is die filosofie om eerder te sorg dat voldoende mikro-elemente in die onmiddellike wortelomgewing van die stok aanwesig is. Vir Mn is die aanbeveling dus om 20 kg ha -1 Mn-sulfaat deur die besproeiingstelsel of in oplossing op die bankies van bestaande wingerd toe te dien en in die geval van nuwe aanplantings op die toekomstige stokrye net voor die maak van plantgate. Mangaan is redelik onbeweeglik in plante maar tekortsimptome verskyn by wingerd eerste op ouer blare. Die simptome is ligte, algemene tussennerfse

5

61

Made with FlippingBook Annual report maker