BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

FIGUUR 10: Terugsterwing weens grondsuurheid, Roussillon.

Die rooiblaarverskynsel by Barlinka-tafeldruiwe in die Hexvallei is aanvanklik as ’n Ca-tekort gesien weens lae Ca-inhoude van aangetaste blare. Dit is egter gevind dat dit deur ’n plantoordraagbare patogeen veroorsaak word, waarskyn lik soortgelyk aan die grapevine red blotch-associated virus (GRBaV) wat onlangs in die VSA geïdentifiseer is en net op rooidruif- kultivars waargeneem word (Fig. 11). Rouband is ’n fisiologiese afwyking by sekere kultivars onder sekere groei omstandighede (klimaat, N-voeding). Dit word gekenmerk deur swart, nekro tiese ringleerletsels vanaf deurslaan om trosstingels en korrelaanhegtings, waardeur vaatbundels afgesnoer word sodat korrels verlep en nie ryp word nie (Fig. 12). Die nekrotiese weefsel word deur lae Ca-inhoude gekenmerk waarvan die oorsake en meganisme nie bekend is nie. Blaar- en trosvoeding met Ca- bespuitings is egter ondoeltreffend gevind, moontlik weens die dominant apikale beweging van Ca in die plant.

5

52

Made with FlippingBook Annual report maker