BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

TABEL 14: Norme vir die K-inhoude (%) van blaarskywe en -stele van wingerd (Conradie, 1994).

Vrugset

Blaarskyf

Blaarsteel

Minimum

Maksimum

Minimum

Maksimum

0.65

1.30

1.00

2.90

Deurslaan

Blaarskyf

Blaarsteel

Minimum

Maksimum

Minimum

Maksimum

0.55

1.05

0.90

1.80

Kalsium (Ca) Dit is volop in wingerdorgane en die inhoud daaraan neem toe oor die seisoen. Kalsium kom in oplossing in die stok voor, asook gebind as oksalaatkristalle en as Ca-pektaat in die middellamella van selle. Dit maak dus deel uit van selmembrane en speel ’n rol in die vervoer van stowwe in die geleidingsweef sel, asook in die deurlaatbaarheid van selwande en die vorming van sekere proteïene en ensieme. Kalsium word as redelik immobiel beskou, alhoewel dit skynbaar in meerjarige plante in ou weefsel weer in oplossing gaan en oorwegend apikaal beweeg en o.a. betrokke is by die ontwikkeling van groei punte. Daar is dus ’n opwaartse vloei van Ca vanuit die grond deur die stok, wat uiteindelik in blare en snoeisels op die grond beland, gevolglik is daar min Ca-verwydering deur die oes. Kalsium is een van die volopste elemente in die natuur, maar die teenwoor digheid daarvan wissel baie na gelang van die samestelling van die moeder materiaal en die intensiteit van verwering en loging. Dit kom in ’n groot ver skeidenheid primêre minerale voor, soos veldspate (plagioklaas), piroksene en amfibole, maar veral as sekondêre minerale soos kalsiet, dolomiet en gips. Dit is ook meestal die prominentste uitruilbare katioon, selfs in suur gronde. Kalsiumtekortsimptome is, sover bekend, nog nie onder veldtoestande waar geneem nie. In suur gronde, waar Ca-voorsiening laag is en tekortsimptome verwag kan word, oorheers ander aspekte soos aluminium- en/of mangaan toksisiteite. In Suid-Frankryk is gevind dat suur grondtoksisiteite (Fig. 10) meer effektief met dolomitiese as met kalsitiese kalk bekamp kan word, waarskynlik weens ’n opname-antagonisme tussen Mg vanuit dolomitiese kalk en die Al en Mn in die grond.

5

51

Made with FlippingBook Annual report maker