BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Sekere blaarspringers veroorsaak ook chlorose-simptome wat baie soos dié van K-tekorte lyk. Dit kan egter geïdentifiseer word deurdat die verkleuring in sommige areas van die blaar skerp teenaan ’n sekondêre of tersiêre nerf eindig.

5

FIGUUR 9: Bladrandverkleuring en -nekrose a.g.v. blaarspringerskade.

Rolblaar-virusinfeksie veroorsaak ook rooi of geel verkleuring van blare, maar is geredelik van dié van K-tekorte onderskeibaar en het ’n hoë K-inhoud van die blare tot gevolg. Die blaaranalise-norme vir K is soos in Tabel 14 aangetoon. Weereens geld dieselfde voorbehoude teenoor die gebruik daarvan soos vir N, op bl. 43 uit eengesit.

50

Made with FlippingBook Annual report maker