BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Kalium (K) Dit kan as die belangrikste metaalkatioon in die wingerdstok beskou word. Dit maak egter nie deel uit van enige organiese verbinding nie, maar speel ’n rol by verskeie metaboliese prosesse. Dit is van die beweeglikste elemente in die stok en is van belang by die regulering van osmotiese drukke en derhalwe die waterhuishouding van die stok. Dit speel veral ook ’n rol in die vervoer en kondensasie van koolhidrate en is dus veral van belang by koolhidraatryke plante soos druiwestokke. Kalium translokeer vanaf die blare na die druiwe tydens deurslaan en versout organiese sure, veral wynsteensuur, tydens ryp wording, vandaar die verskynsel dat oormatige K-voeding hoër pH’s in mos tot gevolg kan hê. Hierteenoor induseer K egter terselfdertyd hoër appel- en totale suurinhoude in blare en mos. ’n Tekort aan K versnel respirasie en beperk fotosintese, sodat proteïensintese belemmer word en amiene soos putresien en agmatien, wat toksies is, gevolglik akkumuleer en skroeisimptome ver oorsaak, baie soortgelyk as oormaat N-simptome. Akute K-tekorte veroorsaak onvolledige rypwording van druiwe, met klein, strengelrige trosse en ongelyk rypwordende korrels. Daar word dikwels aanspraak gemaak op die belang van K in kleurontwikke ling en as wynkwaliteitfaktor, maar indien daar voldoende K-voeding is om tekortsimptome te voorkom, is dit onwaarskynlik dat addisionele K ’n positiewe bydrae tot kleur en kwaliteit sal maak. Die primêre bronne van K in die grond is K-veldspate (ortoklaas, mikroklien), mikas (biotiet, muskoviet, vermikuliet) en mika-agtige kleie soos illiet. Gewoon lik toon die K-inhoud van grond ’n toename met diepte weens verwering in die bolae en inwassing na die dieper lae. In materiale met lae K-inhoud is dit egter dikwels die A-horison wat die hoogste K-inhoud het weens katioonsirkulering en bemestingspraktyke. Riglyne vir K-bemesting is hoofsaaklik gebaseer op grondanalise, waar daar na gestreef word om ’n 4% K-versadiging van die grond se uitruilkompleks te verkry en te handhaaf. Dit sal egter nooit nodig wees om die K-inhoud van ’n grond tot hoër as 120 mg kg -1 te lig nie, selfs al sou die 4% K-versadigingsnorm op ’n hoër waarde dui. Waar die grootte van die uitruilkompleks nie bekend is nie of, soos in die geval van gronde met hoë vry sout- en/of kalkinhoude nie van die som van katione afleibaar is nie, kan absolute K-inhoude, soos in Tabel 2 van Hoofstuk 3 aangetoon, nagestreef word. Kalium word as prominente piek na bot tot oes opgeneem en alhoewel K hoof saaklik deur die druiwe benodig word, is daar weer ’n opnamepiek onmiddellik na oes. Hierdie piek is egter nie so prominent as in die geval van N nie en

5

47

Made with FlippingBook Annual report maker