BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

beloop ongeveer 15% van die jaarlikse behoefte. Dit word geraam dat sowat 3 kg K per ton produksie deur die wingerdstok benodig word. Hierdie kan as riglyn vir onderhoudsbemesting gebruik word en K kan, soos en saam met N, in twee of drie paaiemente toegedien word, maar soos reeds vermeld is die behoefte relatief laag in na oes-periode. Waar grond ’n klei-inhoud van ≥ 10% het, kan K-tekorte deur ’n eenmalige toediening voor grondvoorbereiding of selfs in bestaande wingerde aangevul word. Daar is opvattings in Kalifornië dat K-bemesting slegs nodig is wanneer tekortsimptome op blare waarge neem word. Dit is daar en ook plaaslik gevind dat in sulke gevalle eenmalige massiewe (skok-) toedienings van tot 500 kg K per hektaar meer effektief is as toedienings in paaiemente, waarskynlik weens meer effektiewe afwaartse beweging van K by hoë soutkonsentrasies. Kaliumtekorte kan geredelik deur blaarsimptome geïdentifiseer word. Dit is ’n diffuse chlorose op die rande van basale blare, wat in erge gevalle nekroties raak en sterk aan brakbeskadiging herinner. Die blare krul ook na bo of onder. In gevalle van sluimerende tekorte, kan vanaf deurslaan verbruining of perswording van die oppervlak van blare plaasvind, wat tot ’n oppervlakkige nekrose kan oorgaan, die sg. swartblaar ( black leaf )-simptoom.

5

FIGUUR 6: Diffuse blaarrandchlorose van basale blare weens K-tekort.

48

Made with FlippingBook Annual report maker