BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF
met die hoogste konsentrasies tussen pH (KCl) 3.5 en 6.0. By laer pH’s vorm minder oplosbare Fe- en Al-fosfaatverbindings en by hoër pH’s, min oplosbare Ca-fosfate. Fosfortekortsimptome word selde in die wingerd opgemerk deurdat dit nie spe sifiek is nie. Dit word beskryf as verminderde groei, donkergroen blare, soms perswording van hoofnerwe en ’n kleiner hoek tussen die hoofnerf van die blaar en die bladsteel. Dit is eintlik slegs identifiseerbaar in ’n direkte vergelyking met ’n voldoende gevoede stok en kan dus nie as betroubare aanduiding vir die nodigheid van P-voeding dien nie.
5
FIGUUR 5: Geen duidelike tekortsimptome by P-gebrek nie, slegs swakker groei.
As riglyn vir die bepaling van die P-voedingstatus van die wingerdstok, word oorwegend van grondanalises gebruik gemaak. Weens die komplekse ver wantskappe tussen verskillende vorms van P in die grond en die konsentrasies daarvan in die grondoplossing, word, soos in Hoofstuk 3 bespreek, verskillende empiriese ekstraheermiddels in die praktyk gebruik waarmee gepoog word om die vermoë van ’n spesifieke groep plante om P te bekom, na te boots. Vir wingerd word die sterker P-ekstraheermiddels soos Bray II of 1%-sitroensuur gebruik, met norme soos in Tabel 12 aangetoon.
45
Made with FlippingBook Annual report maker