BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

VERSURENDE EFFEK VAN N-BEVATTENDE MISSTOWWE Alle ammoniumbevattende misstowwe dra by tot grondversuring, selfs ook KAN wat 20% kalk bevat. Die teoretiese maksimum versurende effek van N-misstowwe en die dienooreenkomstige hoeveelhede kalkstowwe benodig om dit teen te werk, verskyn in Tabel 11. TABEL 11: Teoretiese maksimum versuring deur N-misstowwe en hoeveelheid kalkstof benodig om dit te neutraliseer.

Hoeveelheid (kg) kalkstof/100 kg misstof Dolomiet Kalsiet Gebluste kalk Skulp-kalk

N-inhoud (%)

N-misstof

Ammoniumsulfaat

21 46 28

227 248 121

221 241 118

111 121

200 219 107

Ureum

KAN

59

Hiervolgens kan beraam word dat sowat 3.4 ton kalsitiese kalk nodig sal wees vir neutralisasie in die geval van ’n wingerd met 10 ton ha -1 produksie waarin oor ’n 20 jaar-termyn sowat 2.8 ton ha -1 KAN toegedien is. Kalk beweeg egter nie in grond nie en die doeltreffendheid van neutralisering van versuring in die praktyk is dus twyfelagtig. Fosfor (P) Hoewel ’n essensiële makro-element, word P slegs in klein hoeveelhede deur die wingerdstok benodig, wat bowendien in staat is om minder toeganklike bronne van P te benut weens spesifieke worteleienskappe en mycorrhiza- assosiasies, asook die lang groeiseisoen waaroor dit gedoen kan word. Reaksie op P-bemesting word gevolglik selde by wingerd waargeneem, ten spyte van die algemeen lae P-inhoude van Suid-Afrikaanse wingerdgronde. Fosfor is maklik mobiliseerbaar in die stok en is ’n bestanddeel van fosfolipiede en nukleïensure. Dit speel ’n essensiële rol by energieoordraging deur ade nosienbifosfaat (ADP) en adenosientrifosfaat (ATP) en is nodig vir seldeling en meristematiese groei. Oplosbare P in grond is afkomstig vanaf verwering van minerale, mineralisasie van organiese materiaal of van bemesting. Dit word deur klei gebind, gevolglik neem P-norme vir grond gewoonlik toe met kleitoename. Die meeste grond bind toegevoegde oplosbare P so vinnig dat in die praktyk min P-beweging plaasvind. Waar dit wel voorkom, is in bleek sande en veen, waar seskwiok siedes afwesig is. Die P-konsentrasie in die grondoplossing is pH-afhanklik,

5

44

Made with FlippingBook Annual report maker