BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

BLAARONTLEDINGS Blaaranalises kan as verdere hulpmiddel aangewend word om die N-voe dingstatus te kontroleer. Soos reeds in Hoofstuk 2 vermeld, kom daar egter in die praktyk groot variasies t.o.v. kultivars, verbouingsgebiede, tyd van mon sterneming, monsterposisie, seisoenale klimaatverskille en grondtipes voor. ’n Algemene norm wat vir alle toestande voorsiening moet maak, is dus noodwen dig baie wyd. Volgens Tabel 10 strek dit vir blaarskywe by ertjiekorrelstadium vanaf 1.6% (tekorte word by laer inhoude verwag) tot by 2.7% (groeiafwykings word by hoër waardes verwag). Hierdie wye bestek het dus min waarde vir die daarstelling van ’n bemestingsprogram. Indien ontledings op ’n jaarlikse basis gedoen word, mag dit egter moontlik wees om oor tyd tendense waar te neem en/of unieke norme vir ’n spesifieke blok te vestig.

TABEL 10: Norme vir die N-inhoud (%) van wingerdblaarskywe en -stele tydens vrugset tot ertjiekorrelstadium.

Blaarskywe

Blaarstele

Minimum

Maksimum

Minimum

Maksimum

1.6

2.7

0.6

1.0

Soos ook in Hoofstuk 2 vermeld is, kan blaaranalise egter nuttig wees in gevallestudies. Blare word op ’n spesifieke wyse vanaf stokke gemonster wat afwykings toon en op dieselfde wyse vanaf gesonde of beter presterende stokke, so na as moontlik aan die afwyk-stokke. Die gesonde/beter stokke se blare dien dan as direkte kontrole en die tyd van monsterneming en al die ander veranderlikes is dan minder kritiek. Geen norm word nou noodwendig gebruik nie, wel die relatiewe verskille tussen die twee monsters as aanduiding van moontlike elementtekorte of wanbalanse. Die nitraatinhoud van blaarstele, gemonster teen blomtyd, word redelik wyd in die VSA en Australië gebruik as ’n indikator vir stikstofstatus. Alhoewel riglyne ook nie baie presies is nie, varieer waardes oor ’n veel groter gebied en is dit baie afhanklik van wanneer dit gereën het of besproei is. In die praktyk kan die totale stikstofinhoud van blaarskywe (byvoorbeeld) met slegs 10% varieer tussen onder- en oorbemeste wingerde, terwyl die nitraatinhoud van blaarstele met 100% kan varieer. Dit kan tentatief aanvaar word dat stikstofbemesting teen vrugset onnodig sal wees indien blaarsteel-nitraat-N waardes van hoër as 1 000 mg kg -1 verkry word.

5

43

Made with FlippingBook Annual report maker