BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

GRONDONTLEDINGS Soos reeds vermeld, gee die organiese N-inhoud van ’n grond ’n aanduiding van die “N-leweringsvermoë” van die betrokke grond. Daar is normaalweg ’n direkte korrelasie tussen die organiese N-inhoud en koolstof(C)-inhoud van ’n grond. In Tabel 9 word riglyne vir die verwagte N-benodighede van gronde volgens die koolstof(C)-inhoud daarvan, aangedui.

TABEL 9: Potensiële N-toediening volgens gronde se C-inhoud.

Koolstof(C)-inhoud (%)

N-paaiemente

Ligte tekstuur-gronde (0-10% klei)

Swaarder tekstuur-gronde (> 10% klei)

< 0.3

< 0.3

3 2 1 0

0.3-0.5 0.5-0.7

0.3-0.6 0.6-0.9

> 0.7

> 0.9

Onder Suid-Afrikaanse toestande is gronde teen die tyd van bot normaalweg nog koud, wat beteken dat organiese materiaal teen ’n lae tempo geminerali seer word. Gedurende die eerste maand na bot is stokke dus grootliks van reserwes wat gedurende die vorige na oes-periode aangesamel is, afhanklik. Normaalweg word N-bemesting ongeveer vier weke na bot benodig op gronde met ’n lae C-inhoud, wat beteken dat drie N-paaiemente op sulke gronde benodig mag word (Tabel 9). Op gronde met hoër C-inhoude (>0.7% vir ligte tekstuur-gronde en >0.9% vir swaarder tekstuur-gronde) behoort natuurlike N-lewering voldoende te wees om in stokke se behoeftes te voorsien. Soos in die geval van bemesting volgens groeikrag (Tabel 8), sal die na oes-paaiement egter die laaste een van drie paaiemente (een maand na bot, na blom of op ertjiekorrelstadium, na oes) wees wat weggelaat word. In Suid-Afrika word die anorganiese N-inhoud (normaalweg oorwegend NO 3 -N) van gronde selde bepaal. Waar dié inhoud egter drie tot vier weke na bot (einde September) meer as 10 mg kg -1 beloop, beteken dit dat die plant toeganklike N in die bogrond (0-300 mm) op 45 kg ha -1 te staan kom. Stikstofbemesting sal onder dié omstandighede onnodig wees. Gedurende die res van die groeiseisoen sal die vrystelling van anorganiese-N grootliks beïnvloed word deur faktore soos loging, grondtemperatuur en die waterstatus van die grond. Waar die anorganiese stikstofinhoud na blom meer as 15 mg kg -1 beloop, sal dit nie nodig wees om enige N-bemesting gedurende die res van die voor oes-periode toe te dien nie.

5

42

Made with FlippingBook Annual report maker