BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

BEMESTINGSPROGRAM VIR STIKSTOF

Volgens oorsese en plaaslike navorsing word tans aanvaar dat sowat 4 kg ha -1 N per seisoen vir die produksie van 1 ton druiwe benodig word. Dit kan dien as riglyn op lae tot matige groei krag-gronde, maar in die praktyk kan dit nie algemeen toegepas word nie. Daar is egter ver skillende benaderings wat gebruik kan word vir die daarstelling van realistiese N-bemestings programme. GROEIKRAG Daar is ’n sterk aanvraag vir N deur blare, lote en groen trosse tydens die vroeë groeiseisoen en ’n tweede piekaanvraag net na oes, wan neer N hoofsaaklik in lote en wortels gestoor word. Die stok gebruik hierdie N tydens en na bot, wanneer die grond nog koud en die wortels onaktief is. Op sterkte hiervan word N-bemesting in drie paaiemente toegedien, nl. sowat 1 maand na bot, dan weer na blom of op ertjiekorrelstadium en laastens weer net na oes. Groeikrag dien as riglyn waarvolgens hierdie basiese onderhoudsprogram aangepas kan word, soos in Tabel 8 uiteengesit.

5

40

Made with FlippingBook Annual report maker