BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

simptome, nl. algemene vergeling, is gevolglik hoofsaaklik op die ouer blare aanwesig. Dit verskyn egter eers as daar soms reeds ’n negatiewe impak op drag is, sodat daar nie op die verskyning daarvan gewag kan word voor tus senbeide getree word nie. In die praktyk word gevind dat oormatige N-voeding meer gereeld as tekorte voorkom. Dit het tot gevolg dat blare vinnig vergroot en ’n tydelike K-tekort daardeur geïnduseer word (die sg. spring fever van die Kaliforniërs) en dat hoë vlakke van nitraatakkumulasie in blare tot blink vlekke en bladrandskroei (nekrose) kan aanleiding gee. Lang, plat internodiums, trosaborsie en afspeen is nog simptome, soos in die geval van die groeistilstandverskynsel op N-ryke gronde langs die Oranjerivier.

5

FIGUUR 4: Simptome van oormaat N. Bladrandvergeling (geïnduseerde K-tekort), blink vlekke en nekrotiese letsels.

39

Made with FlippingBook Annual report maker