BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

’n negatiewe uitwerking kan hê op houvermoë en siektebestandheid. ’n Indi rekte gevolg is dat groter blare en langer lote lowerverdigting en dus gunstige toestande vir siektes kan aanhelp, asook verminderde sonligpenetrasie, met negatiewe gevolge op veral kleur, maar ook algemene kwaliteit. Lae koolhi draatreserwes en groot selle kan bydra tot die rypgevoeligheid van wingerd. Die planthormoon ouksien inhibeer lengtegroei maar stimuleer vertakking en daar is ’n direkte verband tussen N-voorsiening en ouksienproduksie. Gevolglik het N-voeding dikker en meer vertakte wortelgroei tot gevolg, terwyl wortels lank, dun en min vertak is in ’n N-arme medium, soos in bleek sande. Maksimum vrugopbrengs word by ’n laer N-voedingspeil verkry as waarby maksimum vegetatiewe groei verkry word. By suboptimale N-voorsiening word ogies eerste deur lae N-voedingsvlakke benadeel, met ’n gevolglike swak drag die volgende seisoen. Gebrekkige N-voeding kan aanleiding gee tot ’n lae N-inhoud van mos en gevolglike swak gisting en wynkwaliteit, teenoor N-ryke mos wat vinniger gis en met ’n hoër estersintese tot gevolg, wat voordelig is vir wynkwaliteit. Stikstof word as ’n mobiele element beskou deurdat N-verbindings in ouer blare, wat nie meer so aktief funksioneer nie, hidroliseer en die fragmente (waarskynlik aminosure) na die jonger plantdele getranslokeer word. Tekort

5

FIGUUR 3: Algemene vergeling van blare en swak groei weens N-gebrek.

38

Made with FlippingBook Annual report maker