BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Organiese N ───> NH 4

+ ───> NO 2

- ───> NO 3 -

a

b

c

waar a ’n stadige proses (ammonifikasie) is wat deur nie-gespesialiseerde organismes deurgevoer word, met b ’n vinnige proses (nitrifikasie) wat deur gespesialiseerde, outotrofiese Nitrosomonas bakterieë en c ’n baie vinnige proses (nitrifikasie) wat deur gespesialiseerde, outotrofiese bakterieë, Nitro bacter , deurgevoer word. Verskeie faktore bepaal die tempo en vlak van mineralisasie van organiese materiaal in grond, met die prominentste die organiese materiaalinhoud van die grond, die samestelling daarvan, die pH van die grond, watervoorsiening, deurlugting en temperatuur. Winste aan N in die grond kan geskied deur moontlike fotochemiese reaksie, nie-simbiotiese N-binding deur veral Azotobacter , Clostridium en die blou groen alge Nostoc en Calotrix , maar veral deur simbiotiese binding deur Rhizo bium-knoppiesbakterieë by peulplante, en ook deur sommige nie-peuldraende plante. Hoeveelhede N deur peulplante gebind wissel van 54-76 kg ha -1 vir ertjies, bone en wieke, tot 158-188 kg ha -1 vir klawers. Toevoegings uit die atmosfeer deur reën wissel van 1-62 kg ha -1 jaar -1 . Die belangrikste toevoeging is egter d.m.v. bemesting in die vorm van kunsmis en/of organiese misstowwe. Verliese aan N uit die grond geskied deur plantverwydering en loging, wat van dieselfde grootteorde kan wees, asook deur denitrifikasie. Lg. vind plaas waar daar organiese materiaal in die grond is en versuiptoestande heers: NO 2 - , NO 3 - → N 2 , N 2 O Lae grond-pH begunstig N 2 O-(laggas)vorming, wat potensieël bydraend is tot aardverwarming, terwyl by pH’s na aan neutraal, verliese hoofsaaklik in nie-nadelige N 2 -vorm plaasvind. Stikstof het ’n positiewe effek op groei, wat egter by oormatige toediening kan lei tot ’n afname in koolhidraatinhoude. Koolhidrate uit fotosintese word dan gebruik vir die vervaardiging van protoplasma en is gevolglik nie beskikbaar vir akkumulasie nie, soos suiker in die geval van druiwe, wat tot ’n vertraging van rypwording lei. By hoë N-voorsiening neig selle om groter te wees, wat

5

37

Made with FlippingBook Annual report maker