BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

MAKRO-ELEMENTE P lantmateriaal bestaan 70-95% uit water, met die oonddroë materiaal wat 90-95% uit organiese verbindings bestaan en die res minerale verbindings van ’n legio elemente is. Hiervan is die essensiële makro-elemente koolstof (C), waterstof (H) en suurstof (O), af komstig uit lug en water, met stikstof (N), fosfor (P) en kalium (K), die sg. misstof-elemente, asook kalsium (Ca), magnesium (Mg) en swawel (S) die ander makro-elemente, wat natuurlikerwys deur die wortels opgeneem word. Stikstof (N) Die rol van N is eers teen die begin van die 19de eeu vasgestel. Dit is die basiese element vir selvermeerdering en die ontwikkeling van vegetatiewe organe deurdat dit deel uitmaak van proteïne, nukleïensure, ouksiene en chlo rofil. Dit word ook in die vorm van alkaloïdkorrels as reserwes in selle gestoor. Stikstof is meer dikwels die groeibeperkende voedingstof as enige van die ander essensiële elemente. Die N in die grond is ’n funksie van die hoeveelheid en aard van die organiese materiaal daarin teenwoordig, die omstandighede wat mineralisasie daarvan en binding uit die atmosfeer beheer, asook gewoonlik hoofsaaklik die toevoegings in die vorm van kunsmis. Toevoegings uit die atmosfeer a.g.v. weerligaksie kan ook soms ’n wesenlike bydrae lewer. Wateronoplosbare (organiese) N-verbindings is by verre die grootste fraksie van die totale N-inhoud van gronde. Hierdie organiese N kan nie deur plante benut word nie. Deur omsetting (of mineralisasie) van hierdie verbindings na anorganiese (plantbeskikbare) N-verbindings, gee die organiese N-inhoud van die grond egter ’n aanduiding van die “N-leweringsvermoë” van die be trokke grond. Die anorganiese of minerale fraksies van N in ’n grond, wat vir wingerdvoeding van belang is, is die ammonium- (NH 4 + ), nitriet- (NO 2 - ) en ni traat(NO 3 - )-ioon-inhoude. Jong-, suurliewende- en moerasagtige plante verleen gewoonlik voorkeur aan NH 4 + -ione, terwyl NO 3 - -ione in goed deurlugte grond die prominentste vir plantvoeding is, maar ook in hoë konsentrasies toksies kan wees (o.a. groeistilstandverskynsel). Die omsetting of mineralisasie van organiese N-verbindings na oplosbare (anorganiese) verbindings kan as volg beskryf word:

5

36

Made with FlippingBook Annual report maker