BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

KALSIUM (Ca) EN MAGNESIUM (Mg) Kalsium (Ca) en magnesium (Mg) is albei noodsaaklike voedingstowwe, wat benodig word vir optimale wingerdstokwerkverrigting. Oor die algemeen is hulle so oorvloedig in gronde binne die optimale pH-vlakke dat bemesting met hierdie voedingstowwe nie nodig is nie. Deur behoorlike kalktoedienings, om die grond-pH en R-waarde tot 10 te verhoog, word genoegsame Ca en Mg aan die grond toegedien om te voldoen aan die voedingsbehoeftes van die wingerdstok (Eksteen, 1969). Nietemin kan sommige sanderige gronde met ’n oormatige klipvolume moontlik ’n gebrek aan Ca en Mg hê, ofskoon die grond-pH optimaal is. Eweneens, wanneer die verkeerde kalk (bv. kalsitiese kalk) gebruik word in grond wat Mg-gebrekkig is, kan Mg-toedienings moontlik benodig word. Plantbeskikbare Ca en Mg kan ook geëkstraheer word met behulp van NH 4 Ac of Mehlich III. Soortgelyke resultate word verkry tussen die twee ekstraheer middels vir grond met pH KCl < 6.0 (Nathan, 2005). Die volgende algemene norme kan gebruik word as riglyne vir minimum Ca- en Mg-konsentrasies. Die Ca:Mg-verhouding moet verkieslik ook nie ’n waarde van 6 oorskry nie. TABEL 3. Minimum norme vir kalsium- en magnesium-konsentrasie in grond, soos bepaal met gebruik van ammoniumasetaat, vir die versekering van optimale wingerd stokwerkverrigting.

3

Sanderige grond

Kleierige grond

Voedingstof

mg/kg

cmol(+)/kg

mg/kg

cmol(+)/kg

Kalsium

360

1.80 0.30

500 120

2.50 1.00

Magnesium

40

23

Made with FlippingBook Annual report maker