BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

sulke gronde. ’n Breë norm wat vir K-voeding op sanderige gronde daargestel kan word, is dat jaarlikse onderhoudsbemesting van 3 kg K per produksieton toegedien word. Soos reeds vermeld, word plantbeskikbare K in RSA meestal met behulp van ammoniumasetaat (NH 4 Ac) geëkstraheer, maar sekere laboratoriums gebruik ook Mehlich III. Soortgelyke resultate word tussen die twee ekstraheermiddels verkry vir grond met pH KCl < 6.0, waar Mehlich III-waardes ongeveer 0.9 x NH 4 Ac is (Nathan, 2005). Vir gronde met ’n hoër pH (bv. pH KCl > 6.0) ekstraheer Mehlich III minder K as NH 4 Ac (Sawyer, ongedateer). Op swaarder gronde (leem- en kleierige gronde) kan die algemene norme vervat in Tabel 2 as riglyne dien vir maksimum K-waardes (Conradie, 1994). Hierdie norme word gekoppel aan die verskille in klei-mineralogiese tipes wat in die verskeie streke voorkom, en is min of meer verteenwoordigend van K-inhoude wat 4% van die totale uitruilbare katione uitmaak.

3

TABEL 2. Maksimum en oormatige norme vir kaliumkonsentrasie in grond, soos bepaal deur die gebruik van ammoniumasetaat, vir die versekering van optimale wingerdstok werkverrigting sonder negatiewe impak op wynkwaliteit (Conradie, 1994).

Olifants- rivier

Streek

Kus Breë- rivier

Karoo Oranje- rivier

Maksimum norm

70

80

100

100

120

mg/kg

Oormatige konsentrasie

105

120

150

150

180

Aanpassing van K-konsentrasie tydens grondvoorbereiding word slegs benodig in buitengewone omstandighede. Waar tekorte wel ontstaan of verwag word in swaar gronde, word die gemiddelde K-behoefte bepaal tot ’n gronddiepte van 600 mm. Vir grond met ’n K-konsentrasie onder die norme hierbo genoem, moet K-bemesting toegedien word. In die geval van produksiewingerde word die K-inhoud slegs bepaal tot ’n gronddiepte van 300 mm. Die behoefte per hektaar is 4.5 kg K om die K-inhoud van die grond met 1 mg/kg oor 300 mm diepte te verhoog. Tydens grondvoorbereiding (tot ’n gronddiepte van 600 mm), moet 9 kg K per ha dus toegedien word vir elke 1 mg/kg-toename wat in die grond benodig word. Aangesien oormatige K-inhoud van die grond probleme kan veroorsaak ten opsigte van kleur en pH in wyn, moet oorbemesting vermy word.

22

Made with FlippingBook Annual report maker