BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

MIKRO-ELEMENTE (B, Mn, Zn, Cu)

Grondanaliseverslae vir wingerde dui gewoonlik sink (Zn)-, mangaan (Mn), boor (B)- en koper (Cu)-inhoud in mg/kg aan. Sink, Mn en Cu word geëkstra heer deur middel van EDTA, HCl of DTPA terwyl B geëkstraheer word met warm water. Namate grond-pH verhoog, verminder die ekstraksie-doeltref fendheid van HCI dramaties, wat dit ongeskik maak vir gebruik op gronde met ’n pH KCl > 5.0, en selfs dan ekstraheer dit nie Mn genoegsaam nie (Tabel 4). Ekstraksievlakke met DTPA blyk soortgelyk aan EDTA te wees.

TABEL 4. Vergelyking van EDTA en HCI as ekstraheermiddels vir mikrovoedingstowwe in gronde met verskillende pH-waardes (Lambrechts, ongepubliseerd).

3

Cu (mg/kg)

Zn (mg/kg)

Mn (mg/kg)

Grond-pH KCl

EDTA HCl

EDTA HCl

EDTA HCl

5.0 6.0 7.0

0.36 0.28 0.21

0.45 0.17 0.07

0.64 0.51 0.41

0.80 0.23 0.07

67 34 17

17

5

1.4

Mikro-elemente word in klein hoeveelhede deur die wingerdstok benodig en die beskikbaarheid daarvan is direk afhanklik van die pH van die grondoplossing. Waar die pH hoog is, is mangaan (Mn) en sink (Zn) ontoeganklik vir die plant aangesien hierdie elemente nie in die oplossing bly nie. Soms kan hierdie elemente dus teenwoordig wees in die grond, maar nie toeganklik wees vir die plant nie. Gevolglik is grondanalise nie ’n betroubare middel om die beskikbaar heid van mikro-elemente te bepaal nie. Om vas te stel of die metale oormatig of onvoldoende is, moet blaaranalises gedoen word. In gronde met lae pH, kan boor- (B) en Zn-tekorte verwag word. Daarenteen, kan Mn in lae pH-grond so oplosbaar wees dat dit toksies vir die wingerdstok raak. Kalktoedienings sal hierdie probleme oplos deur B en Zn meer plantbeskikbaar en Mn minder oplosbaar te maak (Van Schoor, 2001). In Tabel 5 word die norme vir optimale mikrovoedingstofkonsentrasies in grond verskaf. In gevalle waar die konsentrasies voedingstowwe in die grond onder die norme is, kan tekorte voorkom. In sulke gevalle moet die wingerd visueel gemonitor word vir simptome van tekorte. As daar steeds enige twyfel bestaan, moet blaaranalises gedoen word. In die verlede het Cu-tekorte baie selde in wingerde voorgekom weens die gebruik van swamdoders wat Cu bevat.

24

Made with FlippingBook Annual report maker