BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

uitmaak, en die spesifieke weerstand dien as kriteria vir die klassifisering van die tipe grondbrakheid. As die geleiding van ’n versadigde grondekstrak meer as 400 mS m -1 is en die UNP minder as 15%, word die grond as soutbrak geklassifiseer. Grond met ’n UNP > 15% wat vry gips of kalk bevat, word geklassifieer as grond met “sout-natriumbrakheid”. In beide gevalle kan die sout eenvoudig uitgewas word met die gebruik van goeie kwaliteit besproei ingswater – met die vereiste dat vry gips teenwoordig is, anders sal die grond kolloides dispergeer en die grond ondeurdringbaar vir water word. Waar gips nie teenwoordig in die grond is nie moet die logingswater met gips versadig word voor dit in kontak kom met die grond. In grondanaliseverslae word fosfor (P) gewoonlik in mg/kg aangedui. Die op timale plantbeskikbare konsentrasie hang af van die grondtekstuur en grond pH. Dit is daarom belangrik dat laboratoriums ook die grondtekstuur vermeld. Afhangend van die ekstraksiemetode wat gebruik word, verskil die norme vir optimale P-konsentrasie ook aangesien die ekstraheermiddels verskil in pH en aggressiwiteit waardeur die P geëkstraheer word. ’n Vergelykbare lys van norme word verskaf in Tabel 1, wat die toepaslike waardes vir die algemeenste ekstraheermiddels aandui. Vanweë die feit dat P wat met Bray I, Bray II en Mehlich III geëkstraheer word verminder namate die grond-pH toeneem, moet onderskeid getref word tussen die norme wat gebruik word vir gronde van verskillende pH’s. Verder word die P wat benodig word om die konsentrasie tot ’n minimum vereiste vlak te lig, nie noodwendig weerspieël wanneer die grond geëkstraheer word by ’n hoë pH nie. Vir grond met ’n pH-bestuurspro gram wat as optimaal vir wingerdproduksie beskou word (bv. pH KCl 5.5 tot 6.0), lewer Bray II- en Mehlich III-ekstraksie soortgelyke waardes en weerspieël die mees akkurate beskikbare P-konsentrasie in die grond. Bray I-ekstraksies is deurgaans laer en vir wingerdgronde is die akkuraatheid t.o.v. P-beskikbaar heid nog nie bevestig nie. FOSFOR (P)

3

19

Made with FlippingBook Annual report maker