BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

PLANTBESKIKBARE VOEDINGSELEMENTE In Suid-Afrika word plantbeskikbare voedingselemente normaalweg geëkstra heer met behulp van een van twee ekstraheermiddels, meestal ammo niumasetaat (NH 4 Ac), of sekere laboratoriums gebruik Mehlich III. Alhoewel laboratoriums dikwels in hulle verslae sal verwys na “uitruilbare” voedingsele mente, dui hulle syfers normaalweg op “plantbeskikbare” of “ekstraheerbare” voedingselemente – wat “oplosbare”, sowel as “uitruilbare” voedingselemente, insluit. In praktiese terme beteken dit dat die voedingselemente wat met water uitgeloog sou kon word (oplosbaar), bepaal word saam met dié wat op die kleikompleks vasgehou word (uitruilbaar). Soos hieronder aangedui, is dit veral belangrik om bogenoemde by brakgronde in gedagte te hou. WEERSTAND ’n Versadigde pasta-ekstrak van die grond word voorberei met gedistilleerde water en die weerstand daarvan, om die vloei van ’n elektriese stroom deur te laat, word gemeet. Die eenheid waarin weerstand uitgedruk word is “ohm”, en dit is die resiprook vir elektriese konduktiwiteit (mS/m). Soute, bv. kalium, natrium en chloried, gelei elektrisiteit en verlaag dus die weerstand van die grondoplossing. Hoe laer die weerstandmeting is, hoe groter die hoeveelhede sout in die grond, d.w.s. hoe meer brak is die grond. ’n Weerstand onder 300 ohm is ’n aanduiding van ’n oormatige hoeveelheid soute in die grond – tot die vlak waar die werkverrigting van die wingerd negatief geaffekteer word. As die weerstand 200 ohm en minder is, word die grond as soutbrak geklassifiseer. Hoe laer die weerstand hoe groter die negatiewe impak op die wingerd. Verskillende soutfraksies word in gronde aangetref. Beide die oplosbare na triumpersentasie, sowel as die uitruilbare natriumpersentasie (UNP), d.w.s. die persentasie wat Na van die totale hoeveelheid uitruilbare katione (S-waarde)

3

18

Made with FlippingBook Annual report maker