BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

2

TYD VAN MONSTERNEMING: Blaarmonsters moet jaarliks tydens dieselfde fisiologiese groeistadium inge samel word. In dié verband kan blomtyd, vrugset of deurslaan gebruik word. Blaarsamestelling verander gedurende blomtyd baie vinnig, sodat dit soms moeilik is om dié syfers te interpreteer. Aan die ander kant is die ouer blare teen deurslaan dikwels al baie gehawend en is dit moeilik om ’n verteenwoor digende monster in te samel, maar vir sommige elemente soos byvoorbeeld kalium (K) bly deurslaan ’n goeie tyd vir monsterneming. Die mees praktiese kompromie, wat vir die meeste elemente redelik bevredigend is, is om mon sters tydens die vrugsetperiode in te samel. Onder vrugset word verstaan die periode wat strek vanaf einde blom totdat die ertjiekorrelstadium bereik word (korrels se deursnee ongeveer 5 mm). Hierdie periode duur minstens 3 weke en vir die meeste kultivars in die Wes-Kaap sal die laaste week in November normaalweg hierbinne val. BLAARSKYF OF BLAARSTEEL? Vir wingerde, waarvan die voedingstatus verskil, toon die blaarsteel normaal weg groter verskille as die blaarskyf. Aan die ander kant varieer die same stelling van die blaarsteel ook meer in dieselfde wingerd as wat die geval vir die blaarskyf is. Verder word die boorstatus beter deur die blaarskyf as die blaarsteel gereflekteer. As vertrekpunt word dus aanbeveel dat die blaarsteel teen vrugset vir ontleding gemonster word. In sommige gevalle sal dit egter nodig wees om ook die blaarskyf te ontleed. Norme vir die elementinhoude van blaarskywe en blaarstele, word in Hoofstuk 5 aangegee.

12

Made with FlippingBook Annual report maker