BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

HANTERING VAN DIE MONSTERS: Plaas die saamgestelde monster in ’n skoon plastieksak. Etiketteer die sak met naam en die monsteridentiteit. As verskeie saamgestelde monsters geneem is, etiketteer elkeen verskillend en hou ’n rekord van die areas waar elke monster geneem is. Slegs een vorm moet ingevul word vir elke groep monsters. Hoe meer volledig die inligting is wat verskaf word, hoe beter sal die aanbeveling wees wat verskaf word. BLAARMONSTERNEMING Die doel van blaaranalise is om die mineraalinhoud van die plant met sy fisiese voorkoms, groeitempo en opbrengs of oeskwaliteit te korrelleer. Die interpretasie van resultate berus op die veronderstelling dat ’n belangrike biologiese verhou ding tussen die elementinhoud van die wingerdstok en die groei en/of produksie daarvan bestaan. Hierdie tegniek vereis monsterneming op ’n spesifieke fenolo giese stadium (tyd van monsterneming) volgens ’n spesifieke protokol. Blaaranalises kan by wyndruiwe as ’n diagnostiese hulpmiddel dien, maar het die tekortkoming dat dit in die praktyk grootliks deur faktore soos bo- en onderstokkultivar, verbouingspraktyke, verbouingsgebied, seisoenale klimaat, siektes en grondtipe beïnvloed word. ’n Algemene norm wat vir alle toestande voorsiening moet maak, is dus noodwendig baie wyd. Blaaranalise kan dus nie as enigste norm vir die daarstelling van ’n bemestingsprogram gebruik word nie, maar moet as ’n aanvulling by grondanalises gesien word. Blaaranalise kan egter nuttig wees in gevallestudies. In sodanige gevalle word blare op ’n spesifieke wyse vanaf die “siek” stokke gemonster, asook ’n soort gelyke monster van naburige, nie-geaffekteerde stokke. Die gesonde/beter stokke se blare dien dan as direkte kontrole en die tyd van monsterneming en al die ander veranderlikes is dan minder kritiek of nie ter sake nie. Geen norm word gebruik nie, maar wel die relatiewe verskille tussen die twee monsters. Die doel van blaaranalise kan dus as volg opgesom word: • Om as hulpmiddel te dien in die evaluering van grond se vermoë om voe dingselemente te verskaf • Om die effek van behandelings op die voedingstatus van die wingerdstok te evalueer • Om die verhouding tussen die grondvoedingstofstatus en die plantreaksie te evalueer as ’n hulpmiddel vir bemestingsbehoeftebepaling • Om vermoedelike gebrekke aan voedingselemente te diagnoseer.

2

11

Made with FlippingBook Annual report maker