BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF
2
FIGUUR 1: Blaarmonsterneming
PROTOKOL VIR MONSTERNEMING: Die manier waarop monsterneming van wingerdstokke geskied het ’n groot invloed op die resultate wat verkry word. Soos in Figuur 1 aangedui, word blare oorkant die tros, of indien verwyder, die blaar op ’n draerloot tussen oë 3 en 5 gemonster. Dertig blaarskywe of blaarstele, onmiddellik geskei na mon sterneming, is voldoende. Enige een kan geanaliseer word, maar soos reeds bespreek, word blaarsteel-analise normaalweg as meer akkuraat beskou. Monstering moet by vrugset of deurslaan plaasvind. Die fenologiese stadium (bv. vrugset of deurslaan) van monsterneming moet aangedui word. Blare moet nie gemonster word gedurende die warmste gedeelte van die dag nie aangesien dit ’n invloed kan hê op blaarsamestelling. Dit is verkieslik om monsters in die oggend te neem. Monsters word in ’n skoon plastiek- of papiersak geplaas en moet koel gehou word tot die aflewering daarvan by die laboratorium. Die monsters moet onder geen omstandighede gevries word nie.
13
Made with FlippingBook Annual report maker