BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

HOOFSTUK 7

7 DIE VERWANTSKAP TUSSEN BEMESTING, DIE VOEDINGSTOFSTATUS VAN ’N WINGERD EN DRUIFKWALITEIT Die rol en funksie van die belangrikste makro- en mikro-elemente in die wingerdstok is in Hoofstuk 5 bespreek. Soos aangedui, het meeste van die voedingstowwe as enkelelemente of as ’n groep, op direkte of indirekte wyse, ’n effek op druifkwaliteit. Op ’n direkte wyse gaan dit daaroor of die voedingstofelemente in ’n tekort- of oormaat-situasie in die grond, wingerdstok en/of druiwe teenwoordig is. ’n Tekort aan voedingstowwe kan die fisiologiese en/of biochemiese prosesse in ’n wingerd benadeel, terwyl ’n oormaat selfs toksies kan wees. Die tekort aan ’n spesifieke voedingstofelement ontstaan wanneer daar beperkte opname van dié element plaasvind, wat gewoonlik gebeur as daar te lae vlakke van die element in die grond teenwoordig is, óf as daar nie voldoende water vir opname in die grond is nie, óf wanneer die wortels deur aalwurms beskadig is, óf wanneer een element in sodanige oormaat aanwesig is, dat dit die opname van ’n ander element negatief beïnvloed. Origens is voe- dingstofopname ook baie afhanklik van die grond-pH wat bepaal of die element beskikbaar is of nie. Die ideale grond-pH KCl vir goeie opname is 5.5 – 6.5. Die indirekte wyse behels die groei van die wingerd wat benadeel of bevoordeel word deur ’n tekort aan of oormaat van die voedingstowwe. Die groeikrag en die bestuur van die wingerd bepaal die lowereienskappe en lighuishouding van die lowers. Die blootstelling van die trosse, tesame met die effektiwiteit van die lower, het ’n groot P I ETER RAATH & KOBUS CONRAD I E

BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 95

Made with FlippingBook - Online magazine maker