BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
FIGUUR 22: Kopertekorte is nie baie tipies nie, maar herinner aan simasienskade, met dooie groeipunte (Foto’s: D. Saayman).
Die Cu-inhoud van gronde word ook met EDTA-ekstraksie bepaal, en vir gronde met ’n pH KCl van tussen 5.0 en 6.5, behoort die Cu-inhoud minstens 0.5 mg kg –1 te beloop (sien Tabel 5 in Hoofstuk 3). In gevalle waar aanvullings benodig word, kan grondtoediening van Cu-sulfaat teen 15 kg ha –1 gedoen word, soos vir Mn of Zn, of gekombineerd daarmee. Die norme vir Cu-inhoude van blare word in Tabel 25 aangetoon. Dit wil voorkom of ’n vlak van 6 mg kg –1 Cu in blaarskywe tydens ertjiekorrelstadium algemeen as riglyn vir voldoende Cu-voeding kan dien.
TABEL 25: Norme vir die Cu-inhoude (mg kg –1 ) van blaarskywe en -stele van wingerd.
Vrugset
Deurslaan
Blaarskywe
Blaarstele
Blaarskywe
Blaarstele
Hoog
Hoog
Hoog
Hoog
Minimum
Minimum
Minimum
Minimum
Voldoende
Voldoende
Voldoende
Voldoende
3
6 > 20 3 5 – 10 > 20 3
6 > 20 3 5 – 15 > 20
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 73
Made with FlippingBook - Online magazine maker