BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 5
FIGUUR 21: Zn-tekorte lei ook tot afspeen van korrels, strengelrige trosse en korrels met min of geen pitte nie (Foto: D. Saayman).
TABEL 24: Norme vir die Zn-inhoude (mg kg –1 ) van blaarskywe en -stele van wingerd.
Vrugset
Deurslaan
Blaarskywe Blaarstele Minimum Voldoende Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog 15 30 15 100 15 30 15 50 Blaarstele Blaarskywe
Sinkoksied, sinksulfaat en organiese Zn-chelate word as blaarvoeding bemark. Laasgenoemde is heeltemal oplosbaar in water en teoreties behoort dit meer effektief te wees. Sinkoksied kan as ’n 0.2%-oplossing gespuit word, maar Zn-sulfaat skroei maklik en word met ’n 0.3%-oplossing spuitkalk (gebluste kalk, Ca(OH) 2 ) gemeng en teen ’n konsentrasie van 0.4% gespuit. Doeltreffendheid van opname word verhoog deur die sinkbevattende middel met ureum (0.5%-oplossing) te meng. Indien swamdoders wat Zn bevat, gebruik word, word normaalweg genoeg Zn voorsien om sluimerende tekorte te beheer, maar dit is nie voldoende om sigbare tekorte op te hef nie. Omdat Zn ’n rol by vrugset speel, behoort reeds voor blom met blaarvoeding begin te word waar tekorte voorkom. ’n Tweede toediening kan later in die seisoen tydens ertjiekorrel gemaak word.
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 71
Made with FlippingBook - Online magazine maker