BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

Magnesiumtekorte kan aangetref word op suur, uitgewaste gronde, veral sand, maar ook in gronde wat vry kalk bevat weens die opname-antagonisme tussen Ca en Mg, soos algemeen in Europa aangetref. ’n Kenmerk van Mg-tekorte is dat die simptome lank reeds waarneembaar is, alvorens ’n negatiewe effek op stokprestasie intree, sodat daar ruim tyd vir regstellende aksies is. Alhoewel rouband, waarvan die voorkoms onder Ca bespreek is, met wisselende sukses deur Mg-bespuitings bestry word, is dit nie ’n Mg-gebreksimptoom nie. Weens groter beweeglikheid van Mg in die plant, vervang dit waarskynlik in ’n mate die selwandversterkende rol van die onbeweeglike Ca, waarvan bespuiting nie doeltreffend is nie. In Suid-Afrika is gevind dat roubandsimptome vroeër as in Europa verskyn, vandaar die praktyk dat trosgerigte Mg-bespuiting van so sterk as 15% vanaf 10 mm- korrelgrootte aangewend word. Die sukses van hierdie praktyk is egter wisselvallig en onder verdenking. Magnesium word in die reël nie doelbewus bemes nie en die benadering moet wees om te verseker dat die grond voldoende Mg bevat. In gronde met ’n lae pH behoort dit voldoende te wees om dolomitiese kalk tydens grondvoorbereiding te gebruik, indien grondontledings Ca:Mg-verhoudings van > 4 – 6 aantoon. Die minimum norm vir Mg, wat voldoende sal wees om tekorte te voorkom, is 120 mg kg –1 (1.00 cmol kg –1 ) vir gronde met > 6% klei. In sanderige gronde behoort vlakke van tussen 50 en 80 mg kg –1 (0.42 tot 0.67 cmol kg –1 ) voldoende te wees, indien K-bemesting nie oormatig is nie. Gevalle van Mg-tekortsimptome kom soms wel voor in bestaande wingerd met grond- pH’s KCl van ≥ 5.5. Blaarbespuiting met ’n Mg-sulfaatoplossing van 3 – 10% kan gedoen word, maar is nie ’n permanente oplossing nie. Grondtoedienings van Mg-sulfaat is hier aangewese, maar hoeveelhede benodig vir regstelling na ’n gewenste Mg- versadigingpersentasie van 15 – 20%, is groot en materiaalkoste hoog. ’n Diep plasing van sowat 1 ton ha –1 dolomitiese kalk tussen die stokry en trekkerspoor is ’n opsie. Dit sal nie die grond-pH as geheel wesenlik beïnvloed nie; voorts is die wingerdstok nie gevoelig vir hoë pH’s nie, terwyl ’n bron van Mg nou in die maksimum wortelsone teenwoordig is. Die blaaranalise-norme vir Mg is soos in Tabel 21 aangetoon, maar steeds geld die voorbehoude soos vir N uiteengesit.

TABEL 21: Norme vir die Mg-inhoude (%) van blaarskywe en -stele van wingerd.

Vrugset

Deurslaan

Blaarskywe Blaarstele Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog Minimum Hoog 0.16 0.55 0.30 0.80 0.20 0.60 0.40 1.15 Blaarstele Blaarskywe

62 | ONDERHOUDSBEMESTING

Made with FlippingBook - Online magazine maker