BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

HOOFSTUK 5

TABEL 16: Maksimum K-norme vir gronde van verskillende teksture en mineralogieë ten einde voldoende kaliumvoeding van tafeldruifwingerde te verseker.

Breederivier- en Hexriviervallei

Berg- rivierstreek

Olifants- rivierstreek Mpumalanga

Oranje- rivierstreek

Tekstuur

Sandgronde (< 10% klei en > 85% sand) Leemgronde (10 – 20% klei) Kleigronde (> 20% klei)

80 mg kg –1

100 mg kg –1

80 mg kg –1

100 mg kg –1

120 mg kg –1

120 mg kg –1

140 mg kg –1

Tussen ertjiekorrel en deurslaanstadium word die tros se K-behoefte feitlik volledig (97%) deur “nuwe” K, wat vanaf die grond opgeneem word, voorsien (Tabel 17). Tussen deurslaan en oes word egter slegs 52% van die tros-aanvraag vanuit die grond voorsien, terwyl die res (48%) deur die stok se reserwes voorsien word, hoofsaaklik vanaf blare en lote (Conradie, 1981). Dit bevestig die feit dat K binne die plant baie mobiel is, en dat stokke wat tot deurslaan voldoende bemes is, nie teen deurslaan addisionele bemesting in die vorm van blaarbespuitings, sal benodig nie. Soos vir alle makro-elemente, is die waarde van K-blaarbespuiting dus twyfelagtig, aangesien nie naastenby genoegsame hoeveelhede van die element daarmee in die stok gekry kan word nie en enige positiewe reaksie bloot dui op gebrekkige besproeiing- of bemestingspraktyke.

TABEL 17: Voorsiening van K aan trosse vanaf bot tot oes, gebaseer op ’n produksie van 30 ton per hektaar.

Groeistadium Bot tot ertjiekorrel Ertjiekorrel tot deurslaan Deurslaan tot oes

Behoefte/voorsiening aan trosse

Trosse se aanvraag (% van jaarlikse aanvraag) Fraksie (%) deur grond voorsien Absolute hoeveelheid opgegaar in trosse (kg ha –1 )

31.0

41.1

27.9

100

97

52

19.2

25.4

17.2

Die blaaranalise-norme vir K word in Tabel 18 aangetoon. Weereens geld dieselfde voorbehoude ten opsigte van die gebruik daarvan, soos vir N bespreek, naamlik dat groot variasies t.o.v. kultivars, verbouingsgebiede, tyd van monsterneming, monsterposisie, seisoenale klimaatverskille en grondtipes voorkom. Die norme maak voorsiening vir alle toestande en is gevolglik baie wyd.

BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 55

Made with FlippingBook - Online magazine maker