BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
Bemesting volgens grondontledings Daar is normaalweg ’n direkte korrelasie tussen die organiese N-inhoud en koolstof- (C) inhoud van ’n grond. In Tabel 11 word riglyne aangedui vir die verwagte N-benodigdhede van gronde volgens die koolstof- (C-)inhoud daarvan.
TABEL 11: Potensiële N-toediening volgens gronde se C-inhoud (aangepas uit Conradie, 2001).
Stikstofbemesting (kg ha –1 jaar –1 )
Koolstof (C) – inhoud (%)
Na bot
Na set
Na oes
Totaal
Sanderige grond (<6% klei)
> 0.7
0
0 0
0 – 30
0 – 30
0.5 – 0.7 0.3 – 0.5
0 – 15
20 – 35
20 – 50 50 – 90 90 – 120
15 – 35 30 – 40
0 – 20
35 40
< 0.3
20 – 40
Swaarder tekstuur grond (>6% klei)
> 0.9
0
0 0
0 – 20
0 – 20
0.6 – 0.9 0.3 – 0.6
0 – 10
20 – 30 30 – 35
20 – 40 40 – 70 70 – 100
10 – 25 20 – 35
0 – 10
< 0.3
10 – 25
40
Onder Suid-Afrikaanse toestande is gronde teen die tyd van bot gewoonlik nog koud, wat beteken dat organiese materiaal teen ’n lae tempo gemineraliseer word. Gedurende hierdie tyd is stokke boonop nog grootliks aangewys op reserwes wat gedurende die vorige naoes-periode opgegaar is. Normaalweg word N-bemesting ongeveer vier weke na bot benodig op gronde met ’n lae C-inhoud, wat beteken dat drie N-paaiemente deur die seisoen op sulke gronde benodig mag word (Tabel 11). Vir gronde met hoër C-inhoude word die hoeveelheid N, sowel as die aantal paaiemente, geleidelik verlaag. Vir ligte gronde met C-inhoude > 0.7% en vir gronde met ’n swaarder tekstuur en met C-inhoude > 0.9%, behoort natuurlike N-lewering voldoende te wees om in stokke se behoeftes te voorsien. In Suid-Afrika word die anorganiese N-inhoud (normaalweg oorwegend NO 3 -N) van gronde selde bepaal. Waar dié inhoud egter drie tot vier weke na bot (einde September) meer as 10 mg kg –1 beloop, beteken dit dat die planttoeganklike N in die bogrond (0 – 300 mm) op 45 kg ha –1 te staan kom. Stikstofbemesting gedurende die bot- tot vrugsetperiode, sal onder dié omstandighede onnodig wees. Gedurende die res van die groeiseisoen sal die vrystelling van anorganiese-N grootliks beïnvloed word deur faktore soos loging, grondtemperatuur en die waterstatus van die grond. Waar die anorganiese stikstofinhoud na blom meer as 15 mg kg –1 beloop, sal dit nie nodig wees om enige N-bemesting gedurende die res van die voor-oesperiode toe te dien nie.
46 | ONDERHOUDSBEMESTING
Made with FlippingBook - Online magazine maker