BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
bemesting gedurende hiedie periode kan baie nadelig t.o.v. kwaliteit wees, aangesien dit vatbaarheid vir vrot verhoog. Naoes: Ongeveer 34% van die jaarlikse opname vind in hierdie periode plaas (Tabel 10). Die meeste van hierdie N akkumuleer in die permanente dele, terwyl daar ook N vanaf die blare en lote na permanente dele getranslokeer word. Hierdie N is baie belangrik by die aanvang van die volgende groeiseisoen. Naoes-bemesting is dus noodsaaklik, maar wanneer die toediening gemaak word, moet daar verseker word dat die stokke nie meer aktief groei nie. Die laasgenoemde is veral van toepassing vir die vroeë streke (Mpumalanga en Oranjerivier), waar lang naoes-periodes voorkom en oormatige hergroei gedurende die warm somermaande maklik deur groot N-paaiemente geïnduseer kan word (Conradie, 2005a). In alle streke moet naoes-bemesting verkieslik nie voor middel tot einde Februarie toegedien word nie, en waar stokke nog aktief groei, moet dit selfs later toegedien word. Relatiewe belang van bemesting gedurende verskillende periodes: Bemesting hoef nie noodwendig vir alle wingerde op elk van die bogenoemde groeistadiums toegedien te word nie. Wanneer daar aan toedienings besnoei moet word, sal dit eerstens by die toediening van vrugset tot deurslaan toegedien word, daarna by die toediening van bot tot vrugset en laastens by die naoes-toediening. Hierdie aspek sal in meer besonderhede in die volgende afdeling, wat handel oor verskillende benaderings wat gebruik kan word vir die daarstelling van bemestingsprogramme, bespreek word. Bemesting volgens produksie Daar word aanvaar dat sowat 4 kg ha –1 N per seisoen vir die produksie van 1 ton druiwe benodig word, wat neerkom op ’n jaalikse N-verbruik van 120 kg ha –1 vir ’n wingerd met ’n produksie van 30 ton ha –1 (Tabel 8). Vir wingerde wat volgens hidroponiese sisteme bestuur word, d.w.s. wingerde met klein wortelstelsels, wat daagliks besproei en bemes word, kan bemesting aan die hand van produksie as vertrekpunt gebruik word. Origens kan dit dien as riglyn op gronde met ’n lae tot matige groeikrag. Hierdie beginsel is bevestig vir wingerd op ’n sanderige grond met ’n lae organiese materiaalinhoud van 0.3% (Conradie & Myburgh, 2000). Waar 120 kg ha –1 N toegedien is, het dit gelei het tot ’n produksie van 29.5 ton ha –1 , terwyl produksie betekenisvol laer was (21.0 ton ha –1 ) waar slegs 80 kg ha –1 N toegedien is. In die praktyk kan hierdie benadering (bemesting volgens produksie) egter nie algemeen toegepas word nie, weens die moontlike effek daarvan op Botrytis-vrot, soos in Figuur 5 geïllustreer vir wingerd wat ongeveer 25 ton ha –1 geproduseer het (Conradie, 1998, 2001). Op die sanderige grond (0.43% C) kon 120 kg ha –1 N toegedien word, sonder om die houvermoë (voorkoms van Botrytis-vrot na koelopberging) te benadeel. Vir die leemgrond (1.15% C) was Botrytis-vrot reeds relatief hoog waar geen N toegedien is nie, terwyl dit betekenisvol verhoog deur ’n toediening van slegs 60 kg ha –1 N. Die bogenoemde voorbeelde toon dat produksie nie as algemene maatstaf vir die berekening van bemestigsbehoeftes gebruik kan word nie, veral omdat grondtipe ook in aanmerking geneem moet word.
44 | ONDERHOUDSBEMESTING
Made with FlippingBook - Online magazine maker