BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 2
2 NEEM VAN GROND- EN BLAAR- MONSTERS GRONDMONSTERNEMI NG Die doel van grondmonsterneming en grondanalise is: • om die waarskynlikheid van ’n winsgewende reaksie op kunsmistoediening te voorspel; • om grondvrugbaarheid te evalueer en te verbeter; • om praktyke vir kunsmis- en kalktoediening aan te beveel; en • om wanbalanse in voedingstofkonsentrasies te bespeur en reg te stel. Grondanalise is noodsaaklik voor grondvoorbereiding om te verseker dat fisiese en chemiese defekte reggestel kan word tydens voorbereiding. Gereelde analise word benodig in bestaande wingerde om te verseker dat optimale groeitoestande gehandhaaf word. Die belangrikste voordeel van grondanalise in bestaande wingerde is, dat veranderings in grondvrugbaarheid bespeur kan word en korrektief opgetree kan word, voor voedingsprobleme wat wingerdprestasie benadeel, kan ontwikkel. Monsterneming vir grondvoorbereiding Profielgate word benodig om die fisiese/morfologiese grondeienskappe te evalueer en om die grense van bestuurseenhede te bepaal. Vir kleiner kommersiële areas behoort monsterneming op ’n roosterpatroon van minstens 50 m X 50 m te geskied. Indien die aanvanklike grondevaluering laat blyk dat groot grondverskille tussen punte voorkom, moet meer gate gegrawe word om te bepaal waar die grondoorgange is. Voor monsterneming begin, moet die perseel in verskillende verbouingseenhede verdeel word. Hierdie eenhede is areas wat soortgelyke bestuur sal vereis, gebaseer op grondvorm, diepte en die voorkoms van growwe fragmente/klippe. Aparte monsters word versamel van elkeen van hierdie verbouings-/bestuurseenhede. Monsters van die verskillende profielgate binne dieselfde eenheid mag gemeng word ten einde P I ETER RAATH
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 13
Made with FlippingBook - Online magazine maker