BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

INLEIDING

Suid-Afrika is geseënd met grond- en wingerdboukundiges wat al lank in die bedryf is en almal ’n baie sterk wetenskap­ like agtergrond het. Pieter Raath, Kobus Conradie, Dawid Saayman en Bennie Diedericks het saamgewerk aan die nuwe handleiding. Wetenskaplike inligting, wat oor baie jare deur navorsing bekom is, sowel as praktiese ervaring is in hierdie nuwe handleiding op ’n unieke manier bymekaargesit om ’n praktiese handleiding daar te stel wat deur enige adviseur of tafeldruifboer gebruik kan word.

Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbed- ryf staan voor baie uitdagings. Daar is nuwe produserende lande, soos Peru, wat direk met ons in die mark kompe- teer en die kwaliteit van ons produk is ononderhandelbaar. Hierdie handleid- ing maak dit moontlik vir die tafeldruif- boer om sy bemestingspraktyke op ’n wetenskaplike, dog praktiese, vlak te kry om hoë kwaliteit druiwe te produseer wat met trots in die mark aangebied kan word.

BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 11

Made with FlippingBook - Online magazine maker