BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
1 INLEIDING
KOBUS LOUW
’n Bemestingsriglyn-handleiding vir win gerd het in 1994 die lig gesien (Con- radie, 1994). Dié handleiding bied ’n stewige basis vir die bedryf maar na 20 jaar is dit so dat nuwe inligting oor bemesting van wingerd hetsy nasio naal of internasionaal beskikbaar raak. Die behoefte het gevolglik ontstaan om die wingerdbemestingshandleiding van 1994 te hersien sodat nuwe navorsings resultate wat verskyn het of sienings wat verander het binne die handleiding geïnkorporeer kan word. Winetech het in 2016 ’n nuwe stel riglyne vrygestel wat op die wynbedryf gefokus het. Die riglyne is nog grootliks die inlig- ting soos bevat in Conradie (1994), maar het ook baie nuwe inligting bygewerk en het gesteun op die ondervinding van ’n unieke poel kundiges in Suid-Afrika. Daar was ook ’n behoefte om die riglyne aan te pas en te vernuwe vir die tafeldruifbedryf. Die Suid-Afrikaanse Tafeldruif Industrie (SATI) het die groep kundiges wat be- trokke was by die opstel van die riglyne vir die wynbedryf gevra om dit aan te pas in ’n nuwe handleiding en om meer spesifiek te fokus op die tafeldruifbedryf en sy unieke behoeftes en ook nuwe navorsingsinligting by te werk.
10 | INLEIDING
Made with FlippingBook - Online magazine maker