BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 8
TABEL 32: Seisoenale riglynhoeveelhede N-, P- en K-bemesting vir wingerdkwekerye.
Element
N
P
K
Hoeveelheid (kg ha –1 )
120
12
55
Verhouding
10
1
4.6
Kunsmisbron
KAN(28)
Enkelsupers(10.5)
KCl(50)
Hierdie kunsmis kan in drie of meer paaiemente vanaf sowat vier weke na bot tot Januarie – Februarie toegedien word. Daar is sterk aanduidings dat grondkeuse en bestuurspraktyke oor die algemeen groter determinante t.o.v. kwekerysukses as bemesting is. Kwekerypraktyke word gekenmerk deur o.a. intense grondbewerkingsaksies, waarvan die gebruik van die kapskaarploeg waarskynlik die meeste bydra tot struktuur- en organiesemateriaalvernietiging. Tereg word groot klem gelê op die toediening van kompos en veral hoendermis, maar dit blyk oneffektief te wees t.o.v. verhoging of selfs behoud van die organiesemateriaalinhoud van die grond. In hierdie verband behoort daar indringend gekyk te word na effektiewe dekgewasse tydens die winter voor plant, maar ook tydens die somer na die uithaal van stokkies, gepaardgaande met minimum bewerking. Daar is ook gevind dat die praktyk van omkeerdolaksiegrondvoorbereiding tot ’n diepte van net 40 – 45 cm, ’n konsentrasie van organiese materiaal op die onderste sone van die voorbereide gronddiepte tot gevolg het, met gepaardgaande konsentrasie van wortels en swak benutting van die reeds beperkte grondvolume. Dieper voorbereiding met meer doeltreffende skuifaksiedolimplemente verdien dringende aandag ten einde kwekerysukses te verbeter.
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 107
Made with FlippingBook - Online magazine maker