BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF

HOOFSTUK 8

8 BEMESTING VAN

ONDERSTOKMOEDER- BLOKKE EN KWEKERYE

DAWI D SAAYMAN

ONDERSTOKMOEDERBLOKKE Die werk van Conradie (2005 b) op onderstokmoederblokke, het getoon dat die opname van misstofelemente wel in ’n mate deur onderstokkultivar en grondtipe beïnvloed word, maar dat die gemiddelde opname per stok vergelykbaar was in al die eksperimentele blokke. Dit beteken dat die hoeveelheid voedingselemente wat per hektaar opgeneem word, grootliks deur plantwydte bepaal word. Die gemiddelde seisoensopname van makro-elemente (met die aanname van ’n tipiese plantwydte van 2.7 x 1.2 m; c. 3 000 stokke per hektaar), word in Tabel 31 aangetoon.

TABEL 31: Gemiddelde seisoensopname van misstofelemente deur druifonderstokke.

Element

N

P

K

Ca

Mg

Gem. per stok (g)

17.6

2.6

11.5

13.3

4.7

Gem. per hektaar (kg)

53

8

35

40

14

Conradie (2005 b) se riglynaanbeveling van 100 kg N ha –1 , laat dus by hierdie plantwydte ruimskoots toe vir ondoeltreffendheid van toediening. Hierdie hoeveelheid N kan in 3 – 5 inkremente vanaf September tot Januarie toegedien word. Oormatige N-toediening kan die kwaliteit van die entmateriaal nadelig beïnvloed. Indien die P-inhoud van die grond < 30 mg kg –1 is, kan dit eenmalig reggestel word tydens grondvoorbereiding, of met gelokaliseerde diep plasing tussen die trekkerspoor en stokry in bestaande wingerd. As alternatief kan ’n seisoenale onderhoudsprogram

BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 105

Made with FlippingBook - Online magazine maker