’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Escaterugsterwing.
FOTO 119. Betreffende esca gaan inwendige verrotting ná aanvanklike infeksie onverpoos voort om uiteindelik tot skielike afsterwing (beroerte) van stokke in geheel – of soos in hierdie geval van spesi fieke lote met trosse – uiting te vind.
FOTO 120. Geleidelike escaterugsterwing by hierdie Roobernetstok oor ’n tydsverloop van ongeveer 10 jaar. In hierdie stadium het die enigste lootgroei op die punt van die linker kordonarm voorgekom, terwyl die regter kordonarm reeds totaal afgesterf het. Alhoewel sodanige verskynsels met tandpyn verwar kan word, het diagnostiese ondersoeke esca as die werklike oorsaak uitgelig. Let daarop dat blaarmisvorming (soos in foto) ook met onder andere onkruiddoderskade verwar kan word.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 83
Made with FlippingBook Ebook Creator