’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

SAMEVATTING

S oos wêreldwyd die geval, word die korrekte identifisering van abnormaliteitsgeïnduseerde wingerdprobleme ook plaaslik as van kardinale belang beskou – om sodoende alle belang­ hebbendes in die bedryf binne die vermoë te plaas om tydig en effektief in terme van voorkomende maatreëls, in samehang met beheer en/of regstellende strategieë, op te tree. Teen hierdie agtergrond behoort hierdie publikasie ’n betekenisvolle rol te vervul as naslaanbron vir studente, produsente, konsultante, tegniese veldpersoneel en bestuurders, terwyl nuwe toetreders tot die bedryf en selfs meer ervare kollegas dit ewe handig behoort te vind. Oorkoepelend word vertrou dat die inligting in hierdie gids ’n bydrae tot die effektiewe bestuur van omgewingsvriendelike, volhoubare en winsgewende wingerdverbouing in SuidAfrika mag lewer.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 347

Made with FlippingBook Ebook Creator