’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Root formation problems (3); withered shoot growth (4); vascular tissue problems (5).

DEEL 11

VARIA 11 I n die voorafgaande dele van hierdie gids (Deel 1 tot Deel 10) is pertinent gefokus op wingerdabnormaliteite soos op grond van oorsake in spesifieke kategorieë ingedeel kon word, naamlik: (i) plantmateriaalprobleme; (ii) swamsiektes; (iii) bakteriese siektes; (iv) virus en virusagtige siektes; (v) wingerdplae; (vi) abiotiese abnormaliteite; (vii) genetiese afwykings; (viii) voedingselementtekorte en toksisiteite; (ix) onkruiddoderfitotoksisiteit en (x) onoordeelkundige/foutiewelike verbouingspraktyke/aksies. Afgesien van skadelike ingrepe soos deur bostaande bewese en visueelherkenbare verskynsels by stokke en die produkte daarvan uitgeoefen kan word, word die voorkoms van ’n omvangryke en uiteenlopende spektrum van nieskadelike voorbeelde in hierdie verband, as alombekend in al die verbouingsgebiede van SuidAfrika ervaar. Nietemin word die deurlopende en noukeurige monitering van wingerdblokke ten sterkste aanbeveel, ten einde op hoogte te bly van die toetrede(s) van sodanige situasies, insluitend enige voor en/of nadele soos daaraan verbonde mag wees – selfs al sou dit slegs op interessante waarnemings berus. Ter afsluiting word besonderhede betreffende die voorkoms van karakteristieke voorbeelde hiervan, in ’n bykomende kategorie (Deel 11 – Varia) visueel uitgebeeld en met kriptiese onderskrifte toegelig.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 335

Made with FlippingBook Ebook Creator