’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Virus associated phenomenon (1); thickened graft union (2).

DEEL 10

A fgesien van navorsingsgebaseerde en streng wetenskaplik-gefundeerde riglyne waarvolgens kort- en langtermynverbouingspraktyke benader en toegepas behoort te word, is die voorkoms van abnormaliteitsverskynsels – soos met die onoordeelkundige/foutiewelike/nalatige uitvoering van spesifieke aksies geassosieer kan word – geensins onbekend nie, in welke geval dit steeds op ’n sporadiese basis tot geaffekteerde stokke sou toetree. Op grond daarvan dat aansienlike ekonomiese skade/verliese in dergelike gevalle ontketen mag word, is dit ook hier van belang dat tersaaklik, praktyk-gebaseerde prosedures in oorleg met deskundige advies uitgevoer word. Oorkoepelend bly dit verder van belang om nie slegs op hoogte van identifikasie-prosedures betreffende sodanige geïnduseerde abnormaliteitsverskynsels te verkeer nie, maar ook om oor ’n basiese kennis van wingerdstokmorfologie en -fenologie te beskik – veral in gevalle waar spesifieke aksies tot bepaalde tydsintervalle beperkend is. Uiteraard – weens die grootskaalse omvang en hoë mate van uiteenlopendheid soos ver- bonde aan verskynsels binne hierdie kategorie – is gepoog om hoofsaaklik op werklik karakteristieke voorbeelde te fokus. Allesomvattend kan derhalwe gestel word dat die deurlopende, tydige en oordeelkundige uitoefening van spesifieke praktyke/aksies/tegnieke as van kardinale belang vir optimale in-wingerd prestasie van individuele stokke, in samehang met die volhoubare en winsgewende verbouing daarvan, uitgesonder kan word. ONOORDEELKUNDIGE/ FOUTIEWELIKE VERBOUINGSPRAKTYKE/-AKSIES 10

322 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika

Made with FlippingBook Ebook Creator