’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Droogte.
FOTO 415. Ten spyte van gereelde oorhoofse besproeiing, is hierdie Crouchenkopstok(ke) in ’n jong aangeplante blok deur sterk, heersende winde van genoegsame gedeponeerde water ontneem om gevolglik aan ernstige droogtegeassosieerde skade onderwerp te word. Let op die normale voorkoms van stokke en welige onkruidstand op die agtergrond – sonder enige tekens van droogtegeïnduseerde abnormaliteitsverskynsels.
FOTO 416. Ten spyte van aanvullende besproeiing, word erge droogtegeïnduseerde abnormaliteite (met inbegrip van bevange rypwording) by hierdie Bukettraubestokke – in ’n geval waar die grondprofiel deur die voorkoms van wit klei op growwe sand gekenmerk word – aangetref.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 265
Made with FlippingBook Ebook Creator