’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
’n verskynsel waarby individuele, afsonderlike groepe of selfs alle korrels aan ’n tros daaraan onderwerp sou kon word (Foto 402). Sonbrandskade Sonbrand opsigself word normaalweg met situasies geassosieer waartydens ernstige skade by veral trosse van gevoelige kultivars ten gevolge van regstreekse blootstelling aangerig kan word. Abnormaliteitsverskynsels hieraan verbonde, is grotendeels baie kenmerkend en is in die breë verbandhoudend met verwelking, inkrimping en uiteindelike verdroging van korrels aan ’n gedeelte(s) van die tros (Foto 403). Bykomend hiertoe word ligbruin tot geeloranje verkleurings by individuele korrels – wat met variërende grade van inkrimping gepaard mag gaan – as karakteristiek van gevalle waar dit tydens baie warm dae regstreeks aan direkte sonstrale blootgestel sou word, beskou (Foto’s 404 & 405). ’n Algemene verskynsel by bosstokke is die oopval daarvan in die middel ten gevolge waarvan rypwordende druiwe in ’n erge mate aan sonbrand blootgestel kan word – ’n soortgelyke situasie soos by die uitval/uitsak van lote by opgeleide stokke mag voorkom (Foto 406). Alhoewel blare in ’n mindere mate deur sonbrand aangetas/beskadig mag word, is dit nie daarteen gevrywaar nie en word kenmerkende verskynsels by die voorkoms daarvan openbaar. Tipiese voorbeelde hiervan is weerspieëlend van die ontstaan van bleekbruin, tussennerfse vlekke wat deur ’n donkerbruin lyn omgrens word – om sodoende ’n skerp skeiding tussen die bruin en groen dele te vorm (Foto’s 407 & 408). Rypskade Alhoewel stokke gedurende die dormante periode (Junie tot Augustus) normaalweg nie aan rypskade onderhewig is nie, kan stamme, kordonne en eenjarige lote in uiterste gevalle sodanig aangetas word dat barste/krake daarin ontstaan – ’n situasie wat, benewens die daarstel van gerieflike ingangspoorte vir onder andere kroongalbakterieë, selfs tot af/ terugsterwingsverskynsels in wingerde mag bydra. In teenstelling met bogenoemde is die voorkoms van lenteryp egter uitermate nadelig gedurende September en Oktober, waartydens sensitiewe groenlote, blomtrosse en selfs oë wat net begin bot, gedood kan word (Foto’s 409 & 410).
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 251
Made with FlippingBook Ebook Creator