’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Muisskade.

FOTO 379. Ringeleringsaktiwiteite van knaagdiere (muise) word met die losskeur/afvreet van bas en floëem oor groot gedeeltes (selfs rondom stamme) geassosieer – ten gevolge waarvan kambiale sones blootgelê word.

FOTO 380. Voedingsaktiwiteite van knaagdiere soos in Foto 379 word gewoonlik ondergronds uitgevoer, waarna oormatige kallus en wortelvorming geïnisieer word ten einde aangetaste stokke aan die gang te probeer hou. Let daarop dat oorspronklike wortels reeds afgesterf het of besig is om daaraan onderwerp te word.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 243

Made with FlippingBook Ebook Creator