’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Blaarspringers Volgens die literatuur dateer die plaaslike voorkoms van blaarspringers tot die 1978/ 79groei seisoen, waartydens dit skielik tot epidemiese plaaggetalle in wingerde van die Tulbagh omgewing vermeerder het. Sedertdien kom dit wydverspreid in feitlik al die wingerd bougebiede voor – in welke geval ernstige skade by aangetaste stokke aangerig kan word. Blaarspringers beskik oor suiende monddele en voedingsaktiwiteite berus daarop dat plantsap uit die vaatbundels aan die onderkante van blare onttrek word (Foto 354) – ten gevolge waarvan: (i) vergelingsiektegeassosieerde fitoplasmas na die floëem oorgedra kan word en (ii) ’n bruin verkleuring vanaf die buitenste blaarrande ’n aanvang openbaar. Die verkleurde gedeeltes vertoon aanvanklik leeragtig, maar word stelselmatig droog en bros – ’n situasie wat mettertyd tot totale verdroging daarvan en opvolgende ontblaring van stokke kan bydra (Foto 355). Uiteraard is ontblaring – of dit nou vóór, tydens of kort ná oes sou plaasvind – uiters nadelig in terme van veral rypmaak van lote, opbou van reserwes, asook indusering van sonbrandskade by blootgestelde druiwe. Bolwurm Bolwurm, as ’n bekende verskynsel by ’n verskeidenheid van gewasse, word as ’n sporadiese plaag by wingerd beskou, ten gevolge waarvan ernstige skade tydens bevorderlike toestande vir vermeerdering tot epidemiese getalle, aangerig kan word. Volgens die literatuur kan tot vier generasies per groeiseisoen voorkom, wat as sulks daarop dui dat dit oor die vermoë beskik om vinnig tot plaaggetalle aan te teel. Alhoewel die kleur van larwes wisselend is van groen tot bruin, dien ’n kenmerkende liggeel streep langs die sye as ’n karakteristieke hulpmiddel ten opsigte van identifikasieprosedures, soos hierby betrokke. Die meeste skade word veral in die vroeë groeiseisoen aangerig, in welke geval voedingsaktiwiteite met vreet skade (meestal in die vorm van gate) aan blare, lote en korrels vereenselwig word, terwyl selfs blomme of dele daarvan ook binne die aptyt van onvolwasse én volgroeide larwes val (Foto’s 356 360). Pylstertruspers Alhoewel pylstertruspers (Foto’s 361 366) – soos soms in die volksmond as ‘hanekam’ of ‘hanekraai’ bekend is – in alle plaaslike wingerdbougebiede voorkom, word die vermeerdering daarvan tot sporadies epidemiese plaaggetalle as uitsonderlik beskou. Nietemin word onder bevorderlike toestande en in opvolging tot die uitbroei van motgelegde eiers op blare, ernstige vreetskade deur aktiefvoedende/vinniggroeiende larwes ontketen – ’n situasie waartydens groot dele van blare in so ’n mate weggevreet word dat stokke in totaliteit (veral in kwekerye) ontblaar kan word. Hoewel twee voorbeelde (ligbruin en groen) plaaslik voorkom, is larwes maklik herkenbaar aan die kenmerkende uitsteeksels (horinkies) aan die agterlyf, asook groot helderkleurige kolle net agter die kop. Positiewe identifikasieprosedures berus verder op: (i) karakteristieke vreetpatrone – blare word vanaf die rande in ’n lynpatroon weggevreet tot WINGERDPLAE Blaarspringers, bolwurm, pylstertruspers, lentekewers, verwelkbesies en blaaspootjies 5.6
226 • ’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika
Made with FlippingBook Ebook Creator